Jy Weet Ek Weet

 

City life

I like the city life. I like the good beat.

I like the city life, nice life, my life’s a good life
I like the good beat, solid beat, music playing on the street
I like the city life, nice life, my life’s a good life.
I like the positive, massive, kanyekanye way we live

Dis ’n good vibe bymekaar
en ons party saam almal deurmekaar
Senza izinto ezi top kanje
and uyazi siphahusha isimanje manje
Checkit, dis hoe ons die ding hier doen
ons gooi sommer lekker op dieselle tune
Siyazibonda lana futhi uzodlala
wena nansi I proof
Want nou gaan die poppe dans
of jy nou kwaito of jy trance
Aziwe ke sibavithize azishe la sesiwinile
As ons wil jol, dan wil ons jol
en daar’s niks wat ons kan stol
Huh! Izinja ziyakugcwalisela
ziyakhipha la bra ngiyakutshela

I like the city life, nice life, my life’s a good life.
I like the good beat, solid beat,
music playing on the street.

Huh! Lento lena beningayilindele ne
Ons kom met ’n nuwe ding
en julle sal spring en sing
Sho! Ungakukholwa lokho,
ungathi thina besingashongo
So zwakala nganeno,
ons dans reg deur tot die end toe!

I like the city life, nice life, my life’s a good life
I like the good beat, solid beat, music playing on the street
I like the city life, nice life, my life’s a good life.
I like the positive, massive, kanyekanye way we live

Sho! Siyabenza manje woza
Hey! Checkit!
Hoe lekker dans die mense nou da!
Hey! Aw siyabathesha ntwana betha
Ons kom vir julle, pasop! Heita!
Kom vir julle, pasop! Heita!

Kenyan Ngiyayincanywa City Life!
Yep! Dis ’n lekker City Life!
Kenyan Ngiyayincanywa Good Life!
Yes! Dis ’n good-good life!
Kenyan Ngiyayincanywa Our Life!
Uh-huh! Daar’s ’n vibe hierso!
Kenyani your life, my life!

I like the city life, nice life, my life’s a good life.
Ons kappit, kappit uit! Kappit uit!
I like the good beat, solid beat,
music playing on the street
Kom, kom ons mors nie tyd!

I like the city life, nice life.
Your life, my life, good life!
I like the positive, massive,
kanyekanye way we live.

I like the city life. I like the good beat

MY LIFE’S A GOOD LIFE!

 
Lyrics

1. City Life
Benedikt Sebastian  

Donker engel

Ndilapha kuyo yonk’indawo

Ndiyabonukubucinga ngam na?

Donker engel waarna kom jy soek?
ek is onskuldig, kom jy my nou haal?
Donker engel is ek dan vervloek?
kan jy verstaan, praat jy dan my taal?

Donker engel kom jy maar net kuier?
Is jy eensaam, volg jy net jou hart?
Donker engel lig dan maar jou sluier
is jy eerlik of kom jy my net tart?

Is ek nou in die werklikheid of raak ek mal
Is dit ’n droombeeld van die nag
Is dit ’n teken van gevaar wat my bedreig
wil ek dit vryspring, dalk moet ek wag?

Ek voel vergiftig, maar dis okay
Ek voel verslaaf, maar dis goed vir my
Ek voel bedwelmd, tog kan ek sien
Ek voel beskermd, dis wat ek verdien

Donker engel kan jy my weerstaan?
Is jy seker, weet jy wat jy doen?
Donker engel swerf jy met die maan?
Kul jy die wêreld, bedrieg jy met ’n soen?

Donker engel, wrede koningin
Moet ek lei of wil jy my regeer?
Donker engel wil jy my bemin?
Kom jy smeek of gaan jy my forseer?

Jou donker vel groei oor my
soos skubbe van ’n slang
tog sag soos sy
dit roer my, ontvoer my
soos ’n wyfie leeu beloer my
ek wil nie ontsnap nie
ek wil langs jou lê
alles van jou weet
ek wil jou hê
dis ’n uitgemaakte saak
ek en jy is iets wat ons nie kan vermy

Kwenzakalani ngelosi yam?
Andikwazi nozibamba

Ek voel vergiftig, maar dis okay
Ek voel verslaaf, maar dis goed vir my
Ek voel bedwelmd, tog kan ek sien
Ek voel beskermd, dis wat ek verdien

Donker engel kan jy my weerstaan?
Is jy seker, weet jy wat jy doen?
Donker engel swerf jy met die maan?
Kul jy die wêreld, bedrieg jy met ’n soen?

Donker engel, wrede koningin
Moet ek lei of wil jy my regeer?
Donker engel wil jy my bemin?
Kom jy smeek of gaan jy my forseer?

Donker Engel

 
Lyrics

2. Donker Engel
Benedikt Sebastian  

En ons dans

Ek staan en wonner waar is jy nou
Is jy alleen en dink aan my?
Het jy ’n liefling daar naby jou?
Of wens jy, jy was aan my sy?

En ons dans
En ons dans
En ons dans
En ons dans

Ek loop deur strate tussen mense
en ek sien jou daar in hulle oë
en elkeen het sy eie wense
vir my is jy waarin ek glo

En ons dans
En ons dans
En ons dans
En ons dans

En ons dans

Al is ons nou nie by mekaar nie
kyk ons tog saam na dieselfde ster
en al hoor jy nie my kitaar nie
ons sing tog saam al is ons ver

En ons dans
En ons dans
En ons dans
En ons dans

En ons dans

 
Lyrics

3. En Ons Dans
Benedikt Sebastian  

Harmonie

Daar’s iets wat ek wil sê,
’cause I really care
the storm is gone
en die stof het gaan lê
dit het ook reën gebring
wat die saad laat groei
en ons ploeg weer saam,
nou’s da harmonie

Ons is in HARMONIE!

HARMONY!

Ons word ’n eenheid,
’n great solidariteit
eleven brave disciples
en ons volg almal dieselle fate
gekombineerde nuwe nasie,
ons word glad nie meer geskend
Lemme tell you my friend,
we’re the new generation
en ons bly in dieselle tent

We’re not pacing, we are racing
to a rendezvouz, a family do
Alles wat kom is ’n nuwe rykdom
sit skouer aan die wiel, ek en jy my bru!

Want al wat ek en jy nog altyd vra,
is dat Nkosi sikelel iAfrika
Ons is in HARMONIE!

HARMONY!

Ons is in HARMONIE!

HARMONY!

Kuhle ukhuhlangana nomdeni wami
hamba nami
sihamba indlela eyodwa

Die landgoed is mooi groen
en die oes kom dalk al môre
She was a wounded queen
but we’re starting to restore her

Want al wat ek en jy nog altyd vra,
is dat Nkosi sikelel iAfrica

HARMONIE!

HARMONY!

Ons is in HARMONIE!

HARMONY!

So verstaan jy nou,
dit gaan nie meer oor hy, sy,
hulle of julle nie

Dis net Ons…

 
Lyrics

4. Harmonie
Benedikt Sebastian  

Just believe

Surely we were meant to be here
our destiny wasn’t meant to be fear
We will break the bonds of pain
and our spirit will rise again

The journey is an eternal one
we know the darkness and welcome the sun
true freedom lies inside us
constant compass there to guide us

Through this jungle of concrete and steel
it’s so easy for you and for me to feel
that we are lost, bitten by winter frost
and the cost of being equal
to those who pretend to be real
Are they friend?
Do they condescend to your chosen condition
your mission to just be true to your vision…

What do you believe in?

In your dreams you can go anywhere
so just believe and it will take you there
In your dreams you can do anything
So just believe and you’ll be queen or king

Surely we were meant to be here
our destiny wasn’t meant to be fear
We will break the bonds of pain
and our spirit will rise again

The journey is an eternal one
we know the darkness and welcome the sun
true freedom lies inside us
constant compass there to guide us
In your dreams you can go anywhere
so just believe and it will take you there
In your dreams you can do anything
so just believe and you’ll be queen or king

I’m gonna look inside me today
I wanna find me a better way
I’m gonna look inside me today
I wanna find me a better way
I’m gonna look inside me today
I wanna find me a better way
I’m gonna look inside me today
I wanna find me a better way

In your dreams you can go anywhere
so just believe and it will take you there
In your dreams you can do anything
so just believe and you’ll be queen or king

 
Lyrics

5. Just Believe
Benedikt Sebastian  

Jy weet Ek weet

Ek like die gamepies wat ons speel
die dinge wat ons, ons verbeel
want dit beteken mos maar niksie
ons lewe net so bietjie fiksie

Want jy maak of jy my lief het
ek laat dit smaak of ek jou lief het
jy laat blyk dat jy my lief het
ek laat dit lyk of ek jou lief het

JY WEET EK WEET
JY WEET EK WEET

Ons vat dit liewer bietjie stadig
anders vrot die ding te gou
so kom ons wees mekaar genadig
anders kan ons dit dalk berou

Want jy maak of jy my lief het
ek laat dit smaak of ek jou lief het
jy laat blyk dat jy my lief het
ek laat dit lyk of ek jou lief het

Want jy maak of jy my lief het
ek laat dit smaak of ek jou lief het
jy laat blyk dat jy my lief het
ek laat dit lyk of ek jou lief het

JY WEET EK WEET
JY WEET EK WEET

Miskien is ons net ’n cliché
dit gaan net oor verlei-verlei
dalk moet ons kies wat kom nou verder
Ek soek jou nogals hier by my

Want jy maak of jy my lief het
ek laat dit smaak of ek jou lief het
jy laat blyk dat jy my lief het
ek laat dit lyk of ek jou lief het

Want jy maak of jy my lief het
ek laat dit smaak of ek jou lief het
jy laat blyk dat jy my lief het
ek laat dit lyk of ek jou lief het

Want jy maak of jy my lief het

JY WEET EK WEET

Want jy maak of jy my lief het

JY WEET EK WEET
JY WEET EK WEET
JY WEET EK WEET

EK WEET

 
Lyrics

6. Jy Weet Ek Weet
Benedikt Sebastian  

Los uit my taal

Jy sal my taal nie dood maak nie

LOS UIT MY TAAL!

LOS UIT MY TAAL!

My moedertaal, my hartsverhaal
sy harnas my met woorde
wat soos wortels om my groei
en my bevestig in my grond
smaak soos heuning in my mond
en is ek siek maak sy gesond
want sy koester my, sy voer my
met haar liefdevolle hand
en as ek weg is dan verlang ek
na haar skoonheid tot ek land
waar ek haar beter kan beskerm
my oor haar toekoms kan ontferm
hou jou kloue van haar af
jy’s ’n brakkie wat net blaf
sy’s my kompas as ek dwaal
tot die engel my kom haal

LOS UIT MY TAAL!

MY TAAL!

LOS UIT MY TAAL!

LOS UIT MY TAAL!

Jy dink jy ondermyn,
maar my taal word elke dag net sterker
O soetste taal, jy’s sterk soos staal
jy vul my met beloftes
wat my dra en gee my hoop
dat ek die toekoms kan verower
ek sien hoe jy betower
as jy saggies vir ons fluister
ons sal altyd na jou luister
jy’s die vuur wat in ons brand
jy’t die glorie in jou hand
en jy bind ons want jy’s magtig
as ons jou praat dan klink jy pragtig

Ons sal altyd in jou glo
Onder tale bly jy bo
Jy’s die glinster in ons oë

Al is die bedreiging ook hoe groot
In ons taal sing ons dit dood

LOS UIT MY TAAL!

MY TAAL!

LOS UIT MY TAAL!

MY TAAL!

LOS UIT MY TAAL!

MY TAAL!

LOS UIT MY TAAL!

 
Lyrics

7. Los Uit MyTaal
Benedikt Sebastian  

Pynpil

My CD is ’n pil wat sal sorg vir jou pyn
pop hom in die player en probleme verdwyn
My woorde is soos drugs wat jou smartes verdoof
luister na die boodskap dit is soos ’n geloof
My beat is soos ’n muti wat jou sere genees
dit vloei deur jou are en gee jou weer gees
My wysie medisyne is ’n dokter wat spuit
jy dans en jy dans die gemors uit jou uit

Somtyds druk die lewe so swaar
jy soek ’n escape om jou aan te vergryp
want let’s face it, jy’s siek en jy’s sat
Partykeer raak die wêreld so naar
jy sit daar en sug, jy droom van ontvlug
moenie worry nie, jou lift is oppad

My CD is ’n pil wat sal sorg vir jou pyn
pop hom in die player en probleme verdwyn
My woorde is soos drugs wat jou smartes verdoof
luister na die boodskap dit is soos ’n geloof
My beat is soos ’n muti wat jou sere genees
dit vloei deur jou are en gee jou weer gees
My wysie medisyne is ’n dokter wat spuit
jy dans en jy dans die gemors uit jou uit

Daar’s tye wat jy voel dis nou klaar
jy kruip op jou knieë want jy voel jy versuip
dis winter, jy’s koud en dis nat
Jy neuk maar aan van bar tot bar
jy slaan rock bottom want jy’s moeg vir die klug
maar moenie panic nie ek kom vir jou vat

My CD is ’n pil wat sal sorg vir jou pyn
pop hom in die player en probleme verdwyn
My woorde is soos drugs wat jou smartes verdoof
luister na die boodskap dit is soos ’n geloof
My beat is soos ’n muti wat jou sere genees
dit vloei deur jou are en gee jou weer gees
My wysie medisyne is ’n dokter wat spuit
jy dans en jy dans die gemors uit jou uit

 
Lyrics

8. Pynpil
Benedikt Sebastian  

Raak Rof

Lekke nekke
vannie plek vandag!

Ons raak rof!
Ons wys hulle nê
hoe die land nou eintlik lê
Ons gaan ontplof!
Steek aan daai lont
ons kap hulle rond en bont
Hulle byt die stof!
Die koppies hang,
hulle lyk nou bietjie bang
Ons kry die lof, lof, lof!

Lekke nekke
vannie plek vandag!

So jy dink jy’s cool
want jy hang met jou click
maar jy’s eintlik ’n fool,
kom ek wys jou ’n trick
wat jou kop sal toor
en jou ego crush
jou humeur verloor
want jy loop jou vas
teen ’n bulldozer,
stoomroller
tsunami wat jou klap
met ’n vet nat vis
dan’s jy kis, diznis
niemand sal jou mis
kyk wie die champion is!

Ons raak rof!
Ons wys hulle nê
hoe die land nou eintlik lê
Ons gaan ontplof!
Steek aan daai lont
ons kap hulle rond en bont
Hulle byt die stof!
Die koppies hang,
hulle lyk nou bietjie bang
Ons kry die lof, lof, lof!
Lekke nekke
vannie plek vandag!

Jy maak ’n lawaai
maar dis alles twak
jy probeer bohaai
maar dis uiters swak
jy dink jy’s ’n ster
voor jou skapies wat blêr
maar die word geskeer
met ’n vlymskerp skêr
julle word gebrandmerk,
word getag
ons boer vooruit, julle lag
jy’t gesoek vir die,
maar you dont know me
ek kom ’n lang pad,
nou’s ek hier!

Ons raak rof!
Ons wys hulle nê
hoe die land nou eintlik lê
Ons gaan ontplof!
Steek aan daai lont
ons kap hulle rond en bont
Hulle byt die stof!
Die koppies hang,
hulle lyk nou bietjie bang
Ons kry die lof, lof, lof!

Lekke nekke
vannie plek vandag!

Hulle staan verslae
want dis klein en kla

Die handdoek is gegooi
Ons krag is ontplooi
So checkitnou,
verstaan my mooi
Jy pronk voor jou possie
maar jy lyk soos ’n mossie
Ek is generaal Rof
wat die bom ontplof!

ONTPLOF!

Lekke nekke
vannie plek vandag!

So jy dink jy’s cool
want jy hang met jou click
maar jy’s eintlik ’n fool,
kom ek wys jou ’n trick
wat jou kop sal toor
en jou ego crush
jou humeur verloor
want jy loop jou vas
teen klas
want jy loop jou vas
teen klas
beslis!
kyk wie die champion is!

Ons raak rof!

Ons gaan ontplof!

Lekke nekke
vannie plek vandag!

Ons raak rof!
Ons gaan ontplof!
Hulle byt die stof!
Ons kry die lof, lof, lof!

Hulle staan verslae
want dis klein en kla
Hulle staan verslae, verslae

ONTPLOF!

 
Lyrics

9. Raak Rof
Benedikt Sebastian  

Reisiger van tyd

Ek’s ’n reisiger van tyd

Ek’s ’n reisiger van tyd

Ek’s ’n reisiger van tyd,
ontdekker
ver uit die verlede uit,
cyber voortrekker
ek wil die huidig nie vertraag,
met sinlose vraag
ek wil die toekoms uitdaag!
Ek gaan hom jaag!

Ek kom van heinde en van ver
om dinge te verander
dis die begin,
dis nie die laaste keer
dit is die jaar van Salamander
dit is legende
dit was voorspel
dit sal gebeur

Ek’s ’n reisiger van tyd,
ontdekker
ver uit die verlede uit,
cyber voortrekker
ek wil die huidig nie vertraag,
met sinlose vraag
ek wil die toekoms uitdaag!
Ek gaan hom jaag!

Ek’s tydloos, naamloos,
heeltemal vreesloos
dra my vlag
nes ’n skim innie nag
soos Batman, Spiderman,
Ruiter in Swart
rooiwarm staal
vloei deur my hart!

Kom gou! Paspoort! Planeet ontplof!
Die wat wil bly gaan byt innie stof!
Kom nes jy is, dis ’n ruimtereis
Spring in, ons invade die space!

Kom sien die sewe-sirkel ster
paradys vir die uitlander
’n Nuwe begin!
Daar kan jy weer probeer

Ek’s ’n reisiger van tyd,
ontdekker
ver uit die verlede uit,
cyber voortrekker
ek wil die huidig nie vertraag,
met sinlose vraag
ek wil die toekoms uitdaag!
Ek gaan hom jaag!

Ek’s ’n ridder van vryheid,
krygsvegter!
Vanuit noord, oos, wes en suid!
Bevryder!
Ek kom jou help om voort te gaan,
ek spoor jou aan
Om jou vyand te verslaan!
Ons breuk die baan!

Ek’s ’n reisiger van tyd

 
Lyrics

10. Reisiger Van Tyd
Benedikt Sebastian  

Vanaand is die aand

Die reuk van jou hare
kom my kop weer bedrieg
ek probeer jou ignoreer
maar ek kannie vir jou lieg
die goue somer son
straal uit jou gesig
ek sien jou sweef
soos ’n engel deur die lug

Vanaand is die aand
wat ek jou kom kry
hoe maak ek jou verstaan
jy is so perfek vir my
vanaand is die aand
wat ek aan jou kom bewys
ons hoort bymekaar,
hoort bymekaar…

Jy betower my
ek voel verlam
ek hou jou vas
dit brand soos ’n vlam
jou pragtige lyf
is sweet Mary-Jane
vanaand gaan ons dans
tot die sterre verdwyn

Vanaand is die aand
wat ek jou kom kry
hoe maak ek jou verstaan
jy is so perfek vir my
vanaand is die aand
wat ek aan jou kom bewys
ons hoort bymekaar,
hoort bymekaar…

Ek onthou toe ek jou sien
daai eerste keer
alleen so mooi ek was verskeur
van balans af, van looitjie getik,
van my trollie af
trap ek innie strik
van temptasie en gif
soet reuk in die lug
die wonder magneet
van jou gesig
wonder wie jy is en is jy alleen
want die vraag bly staan…
waar gaan ons heen?

Gelag en gedans
maar die aand is nog jonk
die vuur is gepak
en ons is die vonk
dis soos ’n opium nag
en ons is verslaaf
droom maar ons is wakker,
daar’s niks wat ons skaaf

Vanaand is die aand
wat ek jou kom kry
hoe maak ek jou verstaan
jy is so perfek vir my
vanaand is die aand
wat ek aan jou kom bewys
ons hoort bymekaar,
hoort bymekaar…

Die dag breuk aan
maar dis lank nie verby
ek weet dis waar
want jy lê nog hier by my
ons skryf ons storie,
ja, ons skryf dit saam
’n leeftyd van aande
is die storie se naam

Vanaand is die aand
wat ek jou kom kry
hoe maak ek jou verstaan
jy is so perfek vir my
vanaand is die aand
wat ek aan jou kom bewys
ons hoort bymekaar,
hoort bymekaar…

Vanaand is die aand
wat ek jou kom kry
hoe maak ek jou verstaan
jy is so perfek vir my
vanaand is die aand
wat ek aan jou kom bewys
ons hoort bymekaar,
hoort bymekaar…

Vanaand is die aand
Vanaand is die aand

Die reuk van jou hare
kom my kop weer bedrieg
ek probeer jou ignoreer
maar ek kannie vir jou lieg
die goue somer son
straal uit jou gesig
ek sien jou sweef
soos ’n engel deur die lug

Vanaand is die aand…

 
Lyrics

11. Vanaand is die aand
Benedikt Sebastian  

Vlieg

Ek weet die dag sal kom
ons word konings van ons eie lot
die land sal dan weer blom

Ons sal vlieg
Ons sal vlieg
Ons sal vlieg

Ek en jy

Almal ken ons naam,
nou’s ons een onder Afrika se son
Die wat voor ons hier was
het gesorg vir hierdie nuwe bron

Ons sal vlieg, Ek en jy
Ons sal vlieg, Ek en jy
Ons sal vlieg, Ek en jy

Ek en jy

Ons deel saam aan die rykdom
Ons seil saam op die groen en goue vlot
Daar doer hoor ek die drom

Ons sal vlieg
Ons sal vlieg
Ons sal vlieg

Ek en jy
Almal hoor ons naam,
en ons kreet weergalm soos ’n kanon
edel wyn gepars tot een ras,
en ons vlag wat gloei soos uit die neon

Ons sal vlieg
Ons sal vlieg
Ons sal vlieg

Ek en jy

Ek en jy

Ek weet die dag sal kom
ons word konings van ons eie lot
die land sal dan weer blom

Ons sal vlieg

 
Lyrics

12. Vlieg
Benedikt Sebastian  

 

 
 
previous next
X